Prof Arrie de Beer: Joernalistiek groet ‘n pionier
“Professor Arrie de Beer was ’n pionier in die staanmaak van die joernalistiek as wetenskap in die akademie”, is die mening van prof Lizette Rabe, voorsitter van die departement joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch.
Rabe sê hulle as kollegas is geskok oor die skielike heengaan van prof De Beer.