BA (Honours) in Journalism

4th year level of study specialising in Journalism

HonsBA Joernalistiek

The BAHons Journalism programme is probably the most popular of all the courses offered by Stellenbosch University’s postgraduate Department of Journalism. The programme is an entry point for students seeking to have careers in the field of journalism. 

Aansoeke sluit op 31 Augustus en die toelatingstoets word in September geskryf.

Anneli Groenewald

Kursussameroeper
Me Anneli Groenewald
Epos: annelig@sun.ac.za
Tel: 021 808 2625

Toelatingsvereistes 
Studente wat wil aansoek doen om toelating tot die HonsBA in J​oernalistiek moet òf in besit wees van 'n B-graad, òf hulle moet in hul finale studiejaar vir 'n Baccalareusgraad wees.

Keuringstoets en onderhoud
Alle aansoekers moet in September 'n keuringstoets skryf wat hulle algemene kennis, taalvaardigheid, belangstellings en kulturele geletterdheid toets. 'n Individuele onderhoud word ook met elke aansoeker gevoer.

​Plagiaat
Die pleeg van plagiaat word in 'n baie ernstige lig in die joernalistiek en in hierdie Departement se opleiding beskou. Studente wat plagiaat pleeg, sal nu​l vir 'n werkstuk ontvang en ook nie toegelaat word om verder enige werk in 'n spesifieke module in te dien nie. Volg hierdie skakel na die biblioteek se webwerf vir meer inligting oor plagiaat en hoe om dit te vermy.

Duur van die kursus
Die kursus begin gewoonlik in die eerste week van Februarie en die laaste projekte en eksamens word aan die einde van November afgehandel. Hierná moet studente nog 'n praktiese internskap van minstens vier weke by 'n goedgekeurde media-instelling van hul keuse voltooi voordat hul grade in Maart die volgende jaar toegeken word.

Kursussamestelling
Van studente word verwag om opdragte uit te voer, klas te loop en ander verwante joernalistieke aangeleenthede by te woon van Maandag tot Vrydag, maar dikwels ook gedurende naweke. Die meeste van die studente se praktiese werk word op hul eie webruimte, MatieMedi​, gepubliseer.​

Die kursus word fyn ontwerp om studente bloot te stel aan praktiese vaardighede sowel as kritiese denke. Die inhoud word gereeld aangepas om tred te hou met bedryfsverwagtinge. Die kursus bestaan uit ses (verpligte) modules.

Module 1: Joernalistiekpraktyk (30 krediete)
In hierdie module sal studente nuus- en narratiewe skryfkuns in ’n digitaal-eerste omgewing oefen. Daar word ook van studente verwag om ’n vier week-lange internskep by ’n erkende media-instelling af te handel.

Module 2: Multi-plaform Joernalistiek (15 krediete)
Studente sal vaardighede aanleer en oefen vir die ontwerp en publikasie van inhoud op ’n verskeidenheid mediaplatforsm, insluitende drukmedia, digitaal, sosiale media en uitsaaiwese.

Module 3Mediastudies (20 krediete)
Hierdie module is ontwerp om studente aan te moedig om krities na te dink oor die aard van die media, die rol van die media in die samelewing, media-etiek, mediareg en mediageskiedenis.

Module 4: Media-entrepreneurskap (10 krediete)
Hierdie module is ontwerp in antwoord op die groeiende wekroep vir jong professionele mediawerkers om kennis te dra van die sakekant van die media, en vir studente om innoverend te dink oor die toekoms van die bedryf. 

Module 5: Spesialisjoernalistiek (15 krediete)
Studente kry blootstelling aan ’n verskeidenheid verslaggewingsterreine wat wissel van wetenskap en besigheid, tot kuns en politiek. 

Module 6: Navorsingswerkstuk (30 krediete)
Hier word studente die geleentheid gegun om al die vaardighede wat hulle gedurende die jaar aanleer toe te pas op die vervaardiging van ’n onafhanklike joernalistiek mediaproduk, en ’n navorsingsvoorstel vir ’n akademiese joernalistiekstudies-projek.

Applications close on 31 August and an entrance test is written in September every year. Acceptance into the programme is dependent on meeting the minimum requirements and passing the entrance test. 

Afrikaans
Na bo